News

Organiseerders sê Nampo Alfa gaan voort

Die NAMPO ALFA Ekspo gaan steeds soos beplan  voort, en sal gehou word van 29 September tot 1 Oktober by Nampo Park net buite Bothaville. Minister Didiza se aankondiging oor die verbod op die vervoer van beeste na die bek-en-klou uitbrake het egter tot gevolg dat minder beeste waarskynlik deel van die ekspo sal uitmaak. …

Die NAMPO ALFA Ekspo gaan steeds soos beplan  voort, en sal gehou word van 29 September tot 1 Oktober by Nampo Park net buite Bothaville.
Minister Didiza se aankondiging oor die verbod op die vervoer van beeste na die bek-en-klou uitbrake het egter tot gevolg dat minder beeste waarskynlik deel van die ekspo sal uitmaak.

As lewendehawe-ekspo is die fokus op alle lewendehawe wat onder andere skape, bokke, varke en perde insluit, sowel as honde en pluimvee – wat op die stadium nie deur die verbod geraak word nie. Die jag- en buitelewe komponent word uit die aard van die saak ook  nie beïnvloed nie, en die organiseerders is opgewonde oor die eerste aanbieding van NAMPO ALFA, het het Graan SA en Alfa Ekspo Woensdag, 24 Augustus gesê.
Daar is bevestig dat die organiseerders aan alle reëls en regulasies soos deur die minister afgekondig, sal voldoen as verantwoordelike rolspelers in die lewendehawe bedryf. Alle bio-sekuriteitsprotokolle is reeds in plek en sal net nóg meer nougeset toegepas word om die risiko so goed as moontlik te bestuur. Hierdie protokolle is reeds suksesvol tydens die Bloemskou en NAMPO toegepas. Die organiseerders werk ook saam met industrie leiers en staatsinstellings in hierdie verband, is gesê.
Tans vind NAMPO ALFA buite die verbod tydperk van 21 dae plaas.

Nietemin, het die organiseerders  besluit om beesgetalle so ver as moontlik te beperk en slegs projekte te akkommodeer waar risiko’s effektief bestuur kan word deur middel van protokolle in samewerking met veeartse.

Projekte wat wel groter risiko’s inlaat en moeiliker bestuur, word afgestel en aanlyn voortgesit. Daar kan dus nou meer nougeset gefokus word op die toepassing van die protokolle op hierdie projekte en kan ook dien as ‘n platvorm om die effektiewe toepassing van bio-sekuriteit protokolle ten toon te stel, is gesê.

Die kleinveeprogram gaan voort soos beplan. Dit sluit deelname van meeste kleinveerasse in Suid Afrika in wat deelneem aan ‘n verskeidenheid kleinvee projekte. Dit geld ook vir die vark-, pluimvee- en perde programme. Hier sal die protokolle steeds nagekom word, in oorlegging met kundiges en veeartse.
“Indien daar verdere of veranderinge in die aankondigings rakende regulasies sou wees, sal die situasie herevalueer word en besluite dienooreenkomstig aangepas word. Dit is egter deurgaans ons erns om ons rol verantwoordelik na te kom in die lig van die huidige bek-en-klou situasie,” sê die organiseerders.
“Ons is baie opgewonde om die nuwe NAMPO ALFA ekspo aan te bied en daar gaan vir almal iets wees om na uit te sien. Daar is ‘n groot verskeidenheid van hoë gehalte jag- en buitelewe uitstallers. Hinterland het gehelp om ‘n skietbaan te bou, waar praktiese demonstrasies kan plaasvind gedurende die skou, met selfs die moontlikheid van kompetisies” sê dr Dirk Strydom, Graan SA se Hoof: Nampo, Bemarking en Navorsing Koördinering.

Besoekers kan ook oor die 4×4 baan ry en ‘n gevoel van die voertuie in veldtoestande kry. Die doel van die ekspo is om aan elke besoeker ‘n praktiese ervaring te bied.

‘n Hoogtepunt is ook die nasionale veldwedren, waar talle bekende renjaers in aksie gesien kan word”, het Strydom afgesluit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button