News
Sit op jou “Crazy” hoed vir die Hartshuis se “Mad Hatters” teeparty vanoggend
Dié Maandagoggend-pret is net wat jy nodig het om jou week op 'n vrolike noot te begin.
Vandag, Maandag 10 Oktober, is Wêreld Geestesgesondheid Dag. Kom geniet ‘n dag vol pret by die Vredefort Hartshuis met hul Crazy Hat Day, en doen só jou deel om bewusmaking te skep vir hulle wat worstel met die uitdagings van geestesgesondheid.
Ons het al almal ”crazy” tye in ons lewens gehad waar ons nie OK was nie, en dit is OK om nie OK te wees nie.
Kom sit op jou hoed vir die Mad-hatters teeparty wat om 11:00 by die Vredefort Hartshuis begin. Neem foto’s saam met die Hartshuis se inwoners met hul hoede. Bring net jou ”crazy” hoed en deel in die pret.
Kyk ook op www.crazyhatlife.info vir foto’s van vorige Crazy Hat pretgeleenthede.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



