KOM KAMP SAAM MET DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA ASSOSIASIE (SAWA)
As geld nie geluk kan koop nie, wat kan jy dan doen? Volgens die slim mense by die Universiteit van Berkley in die VSA is dit beter om jou geld op ervarings te spandeer, eerder as op goeters. Dit is egter nog beter om jou geld te spandeer op ervarings wat jy met mense kan …

As geld nie geluk kan koop nie, wat kan jy dan doen?
Volgens die slim mense by die Universiteit van Berkley in die VSA is dit beter om jou geld op ervarings te spandeer, eerder as op goeters. Dit is
egter nog beter om jou geld te spandeer op ervarings wat jy met mense kan deel.
Vir lede van die Suid-Afrikaanse Woonwa Assosiasie (SAWA) is dit nie net lekker om te kamp nie, maar die
ervarings met mense te deel met soortgelyke waardes en norme.
Jy het nie noodwendig ‘n woonwa nodig nie. Jou tent is voldoende om
deel te wees van die lekker, jonk en oud, kamp-ervaring.
Voel jy of jou Woonwa, Boswa of tent ‘n wit olifant word of is?
Hoekom nie by die woonwa groep aansluit nie?
Die Noord-Vrystaat streek wat Sasolburg, ‘n gedeelte van Vanderbijlpark,
Parys, Vredefort, en omliggende dorpe insluit, nooi jou om
saam met hulle die natuur te kom beleef, en saam te kom kampeer.
Hulle kamp gewoonlik by oorde wat in ‘n 100 km radius van die streek is.
Hulle kom Vrydagaande bymekaar en probeer om in ‘n sirkel
te staan sodat almal mekaar kan leer ken. Die groep het ‘n Christelike
aanslag met boekevat Vrydagaand en Saterdagoggend asook ‘n
kerkdiens Sondagoggende.
Hulle hou hulself besig met visvang, speletjies soos stomstreke, Bingo,
graspyltjies of gras rolbal. Niks is verpligtend nie, en as jy lus
voel om net te “chill” en rustig met nuwe vriende wil gesels, is jy welkom
om dit te doen.
As die oord nie vir kinders voorsiening maak nie bring ons ons eie
sprinkasteel en waterglybaan in die somer saam.
Kontak hulle gerus vir ‘n jaarprogram, en besluit watter naweke jy saam
wil kom kuier.
Voorsitter: Jan Swanepoel 082 455 3049
Sekretaresse: Elize Boshoff 082 455 8591



