VLU-vroue se spogwerk beloon
Skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304, as jy meer wil hoor van die VLU.

Die Parys Vroue Landbou Unie (VLU) tak het hul jaarlikse afsluiting by GonV gehou waar lede beloon is vir hul harde werk die afgelope jaar. Julie Griesel ontvang die trofee vir Preservering, en Annatjie Dreyer die trofee vir Handvlyt.
Cynthia Bergh (afwesig op die foto) is vanjaar se wenner in die afdelings Masjienwerk en Fotografie, en Marietjie le Roux die wenner vir Tuiswerk, Skilder en Skryfkuns.
Erna Hattingh spog met die trofeë vir Gebak, Hekel en Breiwerk, en Meeste punte behaal.
Die vroue sien uit na na ‘n jaar van opwindende projekte en maandelikse byeenkomste vir 2024. Skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304, as jy meer wil hoor van die VLU.



