Local newsNewsNews

Twee in hegtenis vir besit van vermoedelik gesteelde voertuig

Die polisie het 'n padblokkade op die R82 uitgevoer en die voertuig onderskep.

Twee mans, onderskeidelik 20 en 21 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle in besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig betrap is.

Volgens polisiewoordvoerder Josephine Rani het ‘n intelligensiegedrewe operasie gelei tot die arrestasie van die verdagtes.

Rani sê lede van die Sasolburg-snelwegpatrollie het Sondag, 5 Julie omstreeks 02:00 inligting ontvang oor ‘n wit dubbelkajuitbakkie wat na bewering vroeër van sy eienaar by ‘n plaaslike taverne in Kroonstad gekaap is en in die rigting van Sasolburg onderweg was.

Die polisie het ‘n padblokkade op die R82 uitgevoer en die voertuig onderskep. Die twee insittendes is ondervra, maar kon volgens Rani nie ‘n bevredigende verduideliking gee oor hoe hulle in besit van die voertuig gekom het nie.

‘n Luggeweer, wat vermoedelik tydens die kaping gebruik is, is saam met die voertuig beslag gelê.

Die twee verdagtes sal na verwagting binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button