
Die FAK Udolpho RIvierplaas het vanjaar vir die eerste keer Geloftedag gevier met ‘n Gelofteweek wat van 11 tot 16 Desember gehou is.

Deur die week is verskeie programme aangebied vir die Voortrekkers wat op Udolpho gekamp het, as deel van hul kenteken spesialisasie. Daar was ook tyd vir kleilatgooi, windbuks skiet en prettige driebeen-resies. ‘n Besoek aan Liebenbergskoppie en die Liebenberg-grafte het gesorg vir ‘n baie leersame ervaring.



Op 14 Desember het die Voortrekkers vertrek na Winburg, Senekal en Heilbron waar bekende Voortrekkermonumente soos by Vegkop en ook die Heilbronse konsentrasiekamp besoek is.
Daar is op die Voortrekkers se Doornkloof-kampterrein oorgeslaap. Doornkloof was die plaas van Voortrekkerleier Sarel Cilliers
Tydens die Voortrekkers se verblyf op Udolpho is daar elke dag vlaghysing en vlagparade gehou, en ook die Gelofte elke aand opnuut afgelê.
Die hoogtepunt van die week was Geloftedag 16 Desember met sowat 180 mense wat die dag bygewoon het.
Die vlagperade het ook die hys van kultuurvlae ingesluit.

Die besielende Geloftediensboodskap is gelewer deur past Pieter Kriel van Kragbron
‘n Besondere oomblik was die afvuur van die kanon deur mnr. Dirk Bloem van die Swartkruitvereniging. Die kanon is ‘n namaaksel van ‘n ou skeepskanon.
Na die diens is daar gebraai en heerlik saamgekuier. Die Wapadrand Boere-dansers het ook gesorg vir groot pret toe besoekers Boeredanse geleer is en almal kon saamdans.
‘n Klipstapel is gebou om die eerste Gelofteviering op Udolpho te onthou.

Die meeste van die week se verrigtinge wat by die Kultuurstoor waarmee dié stoor ook ingewy is.



Foto-krediet: Jan-Danie Malan en Nicky Jansen van Vuuren van Chilli PicNic



