Local newsNewsNews

Een dood nadat brand vier meenthuise in Parys verswelg

Die brand het vinnig versprei en is steeds nie onder beheer nie.

5 Julie om 3:10: Die vuur is tans onder beheer.

Foto: JP de Villiers

‘n Bejaarde vrou het Sondag, 5 Julie haar lewe verloor nadat ‘n verwoestende brand vier meenthuise by Heldersig-woonstelle in Noorderstraat, Parys, verswelg het.

Volgens Fanie Kruger van Security Master het die brand vinnig versprei en was die vlamme teen laatmiddag steeds nie onder beheer nie.

Rook hang in die lug. Foto: Tania Coetzee

“Vier meenthuise is deur die brand geraak, waarvan een heeltemal uitgebrand het. ‘n Bejaarde tannie wat in haar woning vasgekeer was, het ongelukkig in die brand omgekom. Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nog onbekend,” het Kruger gesê.

Ngwathe Brandweer en Nooddienste, ambulansdienste, Parys-sekuriteitsmaatskappye en ander nooddienste het vinnig op die toneel gereageer om die brand te probeer blus en die gebied te beveilig.

Paramedici hardloop om hulp te verleen. Foto: Tania Coetzee

Die vuur was uiters fel en kon verskeie gasbottels gehoor word wat ontplof het, terwyl dik rookwolke oor die omgewing gehang het.

Te midde van die tragedie het die Parys-gemeenskap weer eens gewys hoe inwoners in tye van nood saamstaan. Buurtbewoners, vrywilligers en veiligheidsdienste het hande gevat om hulp te verleen, terwyl inwoners die gebied afgesper het en waar moontlik ondersteuning gebied het.

Alle nooddienste was op die toneel. Foto: Tania Coetzee

“Die gemeenskap spring altyd in en staan saam wanneer daar ‘n noodsituasie is,” het Kruger gesê.

Die oorsaak van die brand sal ondersoek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button