Local newsNews

Skande: So lê die pale op sypaadjies

Kragpale is in 'n haglike toestand, geroes en skeef met onooglike kabelkonneksies wat meer na 'n 'kraaines as iets anders lyk'. Onderhoud aan die kragpale word al vir die afgelope 30 jaar nie gedoen nie, sê rdl. De Jager. En die toestand van van die lamppale is eweneens so erg.

Krag- en lamppale in Parys is in ‘n haglike toestand. Geroes en skeef met onooglike kabelkonneksies wat meer na ‘n ‘kraaines as iets anders lyk’.

Onderhoud aan kragpale word al vir die afgelope 30 jaar nie gedoen nie, het DA rdl. Saal de Jager in ‘n onlangse skrywe aan die waarnemende munisipale bestuurder geskryf.

Hy het die skrywe gerig na aanleiding van die gevaar van kragpale en drade wat na ‘n onlangse storm op sypaadjies en in strate gelê het, en sê baie pale is geroes aan die onderkant en hang op genade aan elektriese drade.

Rdl. De Jager het in die skrywe gevra dat die dorp se elektriese infrastruktuur tot ramp verklaar moet word ten einde die hulp van ‘n derde party te kan bekom, omdat dit ‘duitdelik geword het dat dit die enigste manier is om Ngwathe te red.’

Die foto’s is Saterdagaand 23 Desember in die Saligna-woonbuurt geneem waar twee lamppale steeds op die sypaadjies lê. Ook in Allenbystraat lê ‘n lamppaal al vir weke op die sypaadjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button