Laat jou stem hoor vir Deo Gloria
Jy kan nou reël vir 'n oudisie om deel te wees van dié uitstaande gemeenskapskoor.

Jy kan nou reël vir ‘n oudisie om deel te wees van die uitstaande Deo Gloria gemeenskapskoor. Die koor staan onder leiding van. Erna Rademan en Marli Krüger, en bestaan sedert 1999.
Koorlede kom van Parys, Vredefort, Viljoenskroon en Potchefstroom en wissel in ouderdom tussen 14 en 75 jaar
Kom sing en maak musiek saam weekliks.
Die koor tree op waar hulle genooi word en het gehore in Bothaville, Kroonstad en Oberholzer verlede jaar op die punte van hul stoele gehad met uitstaande vertonings.
Die koor skep ook graag vennootskappe met ander kore om ook saam met ander kore op te tree.
Elke tweede jaar word ‘n groot Kerskonsert aangebied met operasoliste, orrelspel en orkes in NG Kerk Vredefort.
Onthou oudisies sluit einde Februarie.
Skakel Marli by 082 498-0117 om ‘n oudisie te reël



