Local newsNews

Vreugdevure brand hoog vir Hoërskool Parys se matrikulante

Baie geluk aan al ons matrikulante met die prestasies wat behaal is.

Hoërskool Parys se matriekklas van 2023 het rede om fees te vier. Die lang wag was uiteindelik vanoggend, Vrydag 19 Januarie, verby, toe uitslae van die 2023-matriekeksamen vrygestel is.

Kyla Coetzee is onder die Vrystaat se top 50 matrikulante en spog met 7 A’s.

Kyla Coetzee wat ook die skool se Dux-leerder vir 2023 was, het geskitter met sewe vakonderskeidings. Sy is ook genooi na die departement van onderwys se erkenningsfunksie  vir die Vrystaat se top 50 matrikulante.

Kyla gaan vanjaar medies by Wits studeer. Haar raad aan vanjaar se matrikulante is om soveel moontlik ou vraestelle deur te werk. “Dit is ‘n goeie manier om jou selfvertroue te bou vir die eindeksamen. Jy kan ook dele van die leerwerk identifiseer waaraan jy nog moet werk. Soms leer jy ook iets heeltemal nuut hieruit,” gesels sy.

Antjie Koekemoer spog met 8 vakonderskeidings en sal vanjaar begin met haar BA-graad in kunsgeskiedenis aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus. Haar raad is dat matrikulante beslis moet seker maak dat hulle fokus in die klas.

Juffrou Marli Kruger deel in die vreugde van Antjie Koekemoer net nadat sy gehoor het sy het 8 A’s behaal.

Mené Fourie en Martiza Nel het elk sewe A’s ingeryg. Mené gaan vanjaar medies studeer, en Maritza het haar oog op ‘n kwalifikasie in inligtingstegnologie.

Mené en Maritza saam met juffrou Ezilda Fouché kort nadat hulle gehoor het dat albei spog met 7 A’s.

Megan Daniel het geskitter met ses vakonderskeidings en gaan onderwys studeer by die Pukke.

Baie geluk ook aan Elandré Olwage, Wuhan Maree en Lize Potgieter wat elk spog met 4 A’s, en Danel de Bruyn, Hanné Hayes en Corzel Uyssel wat elkeen 3 A’s het.

Die skool het ‘n totaal van 76 vakonderskeidings, en ‘n 91,7% slaagsyfer vir sy 2023 matriekklas.

Die matrieks van 2023 was dit almal eens dat harde werk en om vooruit te werk, beslis vrugte af werp. “Volg jou eie studiemetode, want jy weet wat werk vir jou,” sê hulle.

Die lang wag vir die 2023 matrikulante is uiteindelik verby en het matrikulante vanoggend hul uitslae ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button