Local newsNews

Hoërskool Riebeeckstad bustragedie: Ses steeds gehospitaliseer

Ons harte gaan uit na hierdie ouers en families.

Die dodetal van Dinsdagmiddag se tragiese busongeluk waarin leerders van Hoërskool Riebeeckstad betrokke was, staan steeds op ses. Teen laat vanoggend, Woensdag 7 Februarie, is een van die beseerde leerders steeds in die Bongani-hospitaal behandel, terwyl drie pasiënte nog in Welkom Medi Clinic behandel word, en twee in die Dihlabeng hospitaal.

Volgens ‘n opvolgverklaring van die Vrystaatse departement van gesondheid is 24 van die beseerdes gister na die Bongani hospitaal geneem, 17 na Medi Clinic Welkom, en vier pasiënte na die Senekal Itemoheng hospitaal.

Die kinders was van Moolmanshoek per bus na Riebeeckstad in Welkom onderweg, toe die ongeluk sowat 30km buite Ventersburg op die Ventersburg/Senekal-pad gebeur het.

Sowat 58 dogters was in die bus, nadat hulle vroeër die dag ‘n buitelug sportgeleentheid vir dogters bygewoon het, het die kantoor van die Vrystaatse premier by monde van Palesa Chubisi, gisteraand in ‘n verklaring gesê.

Die ses dogters wat noodlottig beseer is, is op die ongelukstoneel dood verklaar. Die name van die oorledenes is nog nie bekendgemaak nie.

Verskeie skole het na die skoknuus gisteraand hul medelye met Hoërskool Riebeeckstad, sy personeel, ouers en leerders uitgespreek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button