Local newsNews

Lang toue vir hondsdolheid-ente

Daar word nou beoog om op 27 Februarie 'n soortgelyke gratis hondsdolheid inentingsveldtog in Schonkenville en Tumahole te hou.

Oorweldigende reaksie is verlede week gekry vir die Department van Landbou en Landelike Ontwikkeling se gratis hondsdolheidinentingsveldtog wat in die dorp gehou is. Altesaam 1 062 honde en 163 katte is geƫnt, waarvan die inentingspunt op die terrein van die NG Wes-gemeente, by verre die besigste was.
Die inentingsveldtog is gehou nadat ‘n positiewe geval van hondsdolheid op 18 Januarie in die dorp aangemeld is. ‘n Swartkwas muishond (slender mongoose) is toe geĆÆdentifiseer as draer in diĆ© geval. Ander honde op die perseel waar die voorval gerapporteer is, is steeds in kwarantyn en word gemonitor as voorsorgmaatreĆ«l.

Daar word nou beoog om op 27 Februarie ‘n soortgelyke gratis hondsdolheid inentingsveldtog in Schonkenville en Tumahole te hou.

Omdat daar geen behandeling vir hondsdolheid is nie, is die beste voorsorg wat jy kan tref, om seker te maak jou diere word teen hierdie siekte geĆ«nt ter wille van jou en jou troeteldiere se veiligheid. Volgens die Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984) moet alle honde en katte op die ouderdom van drie maande hul eerste inenting ontvang met ‘n skraagdosis minstens dertig dae later, maar nie later as twaalf maande nie. ‘n Verdere skraagdosis kan ‘n jaar na die tweede gegee word, waarna inentings dan elke drie jaar moet plaasvind.

Die aanbeveling is dat enting in hoĆ« risiko areas, bv. op plase waar die moontlikheid vir kontak met ‘n draer of hondsdol dier hoĆ«r is, of in endemiese areas, jaarliks plaasvind. Diere wat ge-ent is het beter beskerming teen die siekte, terwyl diere wat nie geĆ«nt is nie, of lank laas geĆ«nt was, ‘n groter risiko het, Die belangrikste is om so gou moontlik by ‘n dokter of veearts te kom sou jy of jou troeteldier deur ‘n moontlike draer gebyt word.

Die virus kom in hoƫ konsentrasies in speeksel van besmette diere voor, en word deur bytwonde en speekselkontak met slymvliese oorgedra. Die virus repliseer in die weefsel en gaan dan die senuwee eindpunte in en om die wond binne. Dit kan dan langs hierdie senuwees beweeg en toegang tot die sentrale senuweestelsel kry vanwaar dit vinnig na die voorbrein en breinstam kan versprei.

Die Wet op VeterinĆŖre- en Para-veterinĆŖre beroepe (Wet 19 van 1982) bepaal duidelik dat entstowwe slegs deur ‘n geregistreerde of gemagtigde persoon toegedien kan word, en kan entstof daarom nie vir die pubiek gegee word om self hul troeteldiere tuis te ent nie. Die rede is dat sou daar kontak wees met ‘n hondsdol dier, die ent wat self toegedien is, nie as geldig beskou sal word nie.

Die vorige hondsdolheid inentingsveldtog in Parys is in 2020 gehou en 836 honde en katte is toe geƫnt.

Related Articles

Back to top button