Waterveiligheid by kleuterskool gedemonstreer
Ouers en kinders moet weet van watergevare, en hoe om verdrinkings te voorkom, sê Rina van Schalkwyk, stigter en eienaar van RDF SA

Volgens die NSRI (Nasionale Seereddings Instituut) verdrink nagenoeg 600 kinders elke jaar met twee maal soveel nie-fatale verdrinkings, met of sonder beserings in Suid Afrika. Statistieke toon dat die 1 tot 4 jaar ouderdomgroep wêreldwyd die grootste risiko vir verdrinking is.
Ouers en kinders moet weet van watergevare, en hoe om verdrinkings te voorkom, sê Rina van Schalkwyk, stigter en eienaar van RDF SA wat Vrydag saam met paramedici van ER24 van Vanderbijlpark, een van die kleuterskole in Parys besoek het om met die kinders oor waterveiligheid te gesels.
Ouers het vooraf ‘n brief ontvang met belangrike waterveiligheidswenke, en inligting wat verduidelik wat RDF SA doen.
Die kleuters kon na afloop van die praatjie oor waterveiligheid kyk hoe dit binne ‘n ambulans lyk en hul vrae vra.

Daarna het Rina die “RDF SA Buddy Bucket ” met kern waterveiligheidswenke en ‘n noodnommer vir elke kleuter uitgedeel. Rina vertel dat die idee van die strandemmertjie vir kleuters om hulle te herinner aan waterveiligheid, ontstaan het juis omdat dit met strand en die see (water) geassosieer word, en dit in kinders se speelkamer, buite in die sandput of op die strand by kinders is. “Dit herinner hulle (en ouers ook) om veilig te wees in en om water.
RDF SA is geregistreer by die Department van Sosiale Ontwikkeling as nie-winsgewende organisasie, asook by SARS en daarom kan skenkers aan die organisasie belasting terug eis vir skenkings met die SARS Artikel 18A kwitansie wat aan besighede of individue uitgereik word vir skenkings wat ontvang word