Local newsNews

Boere en Rally-komitee maak konsentrasiekamp-begraafplaas skoon hou

Mense is welkom om die terrein te besoek of skakel Charlotte Smalberger by 082 379 4457 as jy meer wil weet van die konsentrasiekamp.

Oral is mense aan die woel en werskaf om skoon, reg en heel te maak. Ook by die Vredefortweg konsentrasiekamp-begraafplaas waar lede van die Greenlands boerevereniging, en Koppies Rally-komitee onlangs gesorg het dat die gras gesny en daar skoongemaak is.

Die eindresultaat is gesien met die aanbied van die Rally wat jaarliks op die Greenlands-feessaalterrein langs die konsentrasiekamp-begraafplaas gehou word. Vanjaar het sowat 1 000 mense die pret Rally met sy 48 km roete bygewoon. Oudergewoonte was daar verskeie geborgde stalletjies met pryse, en het die middag se kwartmyl gesorg vir groot pret toe daar teen tyd gejaag is. Die dag is afgesluit met ‘n veiling waar gebie is vir ‘n vale.

Die Rally het ‘n paar jaar gelede sy ontstaan gehad, en word dit elke jaar die eerste naweek nadat die skool vir die nuwe skooljaar begin het, gehou. Komiteelede van die Rally bestaan meestal uit boere wat seker maak dat die terrein netjies gehou word.

Die hoofdoel van die Rally is om fondse in te samel vir behoeftiges in Koppies, en om uit te reik na die bejaardes van Huis Emily Hobhouse in Koppies.
Oor die jare het dit een van die grootste fondsinsamelingsprojekte in die dorp geword.

Meer oor die Vredefortweg konsentrasiekamp-begraafplaas
Daar was sowat 2 000 mense in die konsentrasiekamp gedurende die Anglo Boere-oorlog, waarvan 500 oorlede is. Hiervan was 335 kinders.
Die meeste sterftes was weens ‘n masels-uitbraak. Ander is dood weens honger en ontbering.

Omstandighede in die kamp was haglik. Daar was nie voldoende drinkwater nie, en geen beskutting nie, met die kamp wat teen ‘n kaal rantjie sowat 42 myl van Vredefort geleĆ« was. Daardie jare was die distrikte baie groter. Vandag is daar steeds by baie mense verwarring oor waar die konsentrasiekamp is. Die kamp is by Greenlands, en is Vredefortweg eintlik nader aan Koppies as Vredefort, hoewel dit onder die Vredefort-distrik val.

Goedere is destyds per trein na Vredefortweg gebring en dan per ossewa na Vredefort geneem.

Mense is welkom om die terrein te besoek of skakel Charlotte Smalberger by 082 379 4457 as jy meer wil weet van die konsentrasiekamp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button