Trotse prestasies vir Parys Hoër swemmers
Baie sterkte aan die swemmers wat van 20-21 Februarie aan die Vrystaatse swemkampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem.

Die 2024 swemseisoen het vroeg afgeskop met Bay-Linn Oelofse wat van 27-28 Januarie aan die 4 plus 1 provinsiale gala in Bloemfontein deelgeneem het. Sy was 1ste in die 800 m en 400 m vryslag, en 3de in die 200 m IM vir do.16.
Die skool se swemspan het op 29 Januarie aan die Fezile Dabi gala in Kroonstad deelgeneem, en van 5-6 Februarie aan die Noord-Vrystaat Interskole gala in Kroonstad. Tydens die Noord-Vrystaat gala het Hoërskool Parys agtste geëindig.
Bay-Linn het die uitsonderlike prestasie behaal deur in al agt haar items onder die eerste drie plekke te eindig, en het ook die tweede algehele posisie by die Noord-Vrystaat gala vir o.17 en ouer meisies behaal.
Talle swemmers het in die top 10 posisies geëindig.
Parys is veral trots op die o.15 en o.16 seuns (Henk Small, Xander Pretorius, Dregan Brink en Cay-Din Oelofse) wat ‘n 1ste plek by die Noord-Vrystaat gala in die 200 m vryslag aflos behaal het!
Baie sterkte aan die swemmers wat van 20-21 Februarie aan die Vrystaatse swemkampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem.