Local newsNews

Abnormaal beslis….en teen ‘n slakkepas

Kruie-kruie Kaap toe

Stadig, bitter stadig en teen ‘n kruie-pas het die Eskom-transformator vroeg vanoggend deur Parys beweeg. Sy eindbestemming – Aurora in die Wes-Kaap.

Daar is reeds verlede week Donderdag 11 April weggetrek. Die eindbestemming moet teen 5 Mei bereik word. Verkeersbeamptes help verkeer reguleer langs die roete en daar is ‘n paar oornagstoppe totdat hulle uiteindelik in die Kaap sal aankom.

Vandag word daar tot op Bothaville beweeg, is gesê.

Maar aandag is daar beslis getrek met dié baie ongewone en beslis abnormale vrag wat nie aldag in Parys se hoofstraat gesien word nie.

Related Articles

Back to top button