Local newsNews
Drastiese toename in huisbrake: Publiek gewaarsku
Veral televisies en elektroniese ware word gesteel.

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum waarsku inwoners dat daar ‘n skielike drastiese toename in huisbrake in Parys dorpsgebied is
Mense moet op die uitkyk wees vir boosdoeners wat of oor skeidingsmure van erwe spring, of deur oop motorhekke ‘n erf binnegaan, en dan die voordeure van eiendom oopbreek en die eiendom betree.
Veral televisies en elektroniese ware word gesteel.
Misdadigers maak geen onderskeid tussen of die inwoners by die huis is of nie.
So was ‘n jong meisie vandag in die dorp toe daar by haar woning ingebreek is, terwyl daar ook vroeër vandeesweek ouer mense in hul huis aangeval is tydens so ‘n huisroof.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.