SA op kritieke punt: Time2Rise
Kom luister wat sê dr. Arno van Niekerk - God se plan vir SA
Suid-Afrika is op ‘n baie kritieke punt met die verkiesing wat voorlê. Kom luister na dr. Arno van Niekerk van Time2Rise SA wanneer hy Vrydag, 17 Mei om 18:00 by die AfriDome konferensiesaal ‘n kort boodskap oor God se plan vir Suid-Afrika sal gee met die stigting van Time2RiseSA in Parys.
Dr. Van Niekerk is ‘n senior lektor aan die Vrystaatse Universiteit en het meer as 20 jaar ervaring in navorsing oor verskeie aspekte van die ekonomie, op beide plaaslike en internasionale vlak. Hy het ook intensiewe navorsing gedoen oor die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank in Washington. Daarbenewens was hy ook besoekende professor aan die Salzburgse Universiteit.
Hy word gereeld op radio en TV gehoor en het verskeie joernaalartikels gepubliseer. Sy nuutste pennevrug is The Inclusive Ecnomy: Criteria, Principles and Ubuntu.
Daar sal geleentheid wees vir vrae en sal dr.Van Niekerk ook die leiding neem in gebed vir Suid-Afrika en spesifiek ook stemdag. Almal is welkom by dié Christelike gemeenskapsinisiatief – Eenheid bring seën.



