Local newsNews

Net 15 op bouperseel was Suid-Afrikaners

Die identiteit van twee van die oorledenes kon nog nie bevestig word nie 

Die George munisipaliteit het bevestig dat net 15 van die slagoffers Suid-Afrikaners was wat op die bouperseel was toe die halfvoltooide gebou in Victoriastraat op 6 Mei inmekaar gestort het.

Naas die Suid-Afrikaners, was daar 19 Mosambiekse burgers, sewe Zimbabwiërs, 13 burgers van Malawi, vyf van Lesotho, een wat permanente verblyfreg het, en twee wie se nasionaliteit nog nie bevestig kon word nie.

Die reddingsoperasie op die toneel het ‘n uitmergelende 260 uur in totaal geduur en is die ramptoneel nou aan die SAPD oorhandig vir ondersoek nadat die soek-en reddingspanne se taak nou afgehandel is.

Sodra die polisie sy ondersoek voltooi het, sal die terrein aan Departement Arbeid oorhandig word vir formele ondersoeke.

Die munisipaliteit sê die sukses van die reddingsoperasie was grotendeels te danke aan kritiese aksie wat onmiddellik binne die eerste 48 uur geneem is. In hierdie tyd het reddingswerkers met ongelooflike presisie gewerk om slagoffers onder die puin uit te kry. Die Gemesamenntlike Operasionele Sentrum op die ramptoneel, en Multi-Agentskap Beheersentrum by die Distriksmunisipaliteit het verder ook ‘n belangrike rol in die reddingsoperasie gespeel.

Die finale syfers wat bekendgemaak is, is dat van die 62 slagoffers wat op die ramptoneel was, 33 gesterf het, tien steeds hospitaalbehandeling ontvang, en 19 reeds ontslaan is.

Die identiteit van twee van die oorledenes kon nog nie bevestig word nie

 

 

 

Related Articles

Back to top button