Begroot vir water, krag en stortingsterreine

“Ons verstaan dat die verval nie in een jaar reggeruk sal kan word nie, maar daar moet begin word daarmee, anders sal daar nooit vordering wees nie."

Die burgerregte organisasie, AfriForum, se Heilbron- en Parys takke het die afgelope week kommentaar en aanbevelings ingedien op die Ngwathe Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Van die brandpuntkwessies in Heilbron waarvoor die organisasie vra begroot
moet word, is Ngwathe se enorme uitstaande skuld by Rand Water, die herstel en onderhoud van waterinfrastuktuur en herstel van slaggate
in die dorp se strate.

Dan moet die haglike toestand van Heilbron se stortingsterrein,
asoook die toestand van toegegroeide oop erwe en parke ook aandag kry, sê die organisasie.

Met die dorp se waternood wat al sedert Desember 2023 ‘n brandpunt kwessie in Heilbron is, vra AfriForum dat stopkrane en drukkleppe geïnstalleer
word om herstelwerk van die munisipale waterinfrastruktuur te vergemaklik.

Die organisasie sê verder dat Heilbron se munisipale stortingsterrein nie net onwettig is nie, maar ook nie op standaard is nie, en dat begroot moet
word om ‘n wettige, omgewingsvriendelike vullisterrein aan te lê
wat behoorlik bestuur moet word.

Behoeftes in Parys waarvoor die plaaslike AfriForum-tak sê begroot moet word,
sluit in die dorp se waternetwerk, die herstel en instandhouding van die
kragnetwerk, herstel en onderhoud van die dorp se rioolwerke, herstel van slaggate en die opknap van die dorp se vullisstortingsterrein sodat onwettige
vullisstorting as gevolg van die toestand van die stortingsterrein stopgesit kan word.

AfriForum het gevra dat die munisipaliteit dié aanbevelings in sy
begroting moet insluit. “Ons hoop werklik dat die munisipaliteit gehoor sal gee aan die takke se aanbevelings vir die begroting, daarvoor sal begroot
en die fondse sal gebruik vir die kwessies waarvoor dit begroot is.

“Ons verstaan dat die verval nie in een jaar reggeruk sal kan
word nie, maar daar moet begin word daarmee, anders sal daar nooit vordering wees nie. AfriForum sal kyk wat in die begroting aangebring word.” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button