Local newsNews

Gemeenskap en polisie vat hande teen misdaad

Die volgende blou lig/wit lig patrollie is 19 Julie.

Diefstal by besighede in die sakegebied van Parys is tans vir die polisie ‘n groot kopseer, maar dit is die publiek se oë en ore wat kan help om misdaad vas te vat.

Vrydag het lede van die gemeenskap weer hande gevat met Parys-polisie vir ‘n blou lig/wit lig patrollie en is daar in die sakegebied, maar ook in woonbuurte, patrollie gery.

GPF en gemeenskapslede wat saam met Parys SAPD aan die blou lig/wit lig patrollie deelgeneem het.

Die gesamentlike patrollies word maandeliks gedoen en is daar in die verlede al telkemale bewys hoe suksesvol buurtwagpatrollies is om misdaad te bekamp.

Om deel te neem aan die patrollies het jy geen vorige ervaring nodig nie – net jou bereidwilligheid om ‘n uur of twee van jou tyd op te offer. 

Die volgende blou lig/wit lig patrollie is 19 Julie. Daar sal om 19:30 vir 20:00 voor Mr Price by die Pick n Pay-sentrum bymekaar gekom word. Die gemeenskap is ook welkom om die maandelikse GPF vergadering by te woon wat op 18 Julie om 16:00 by die Parys-polisie se lesingkamer gehou sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button