Maree-hokke maak skoonskip
Baie geluk aan die Legends Parys-klublede met die plekke wat behaal is.

Legends duiweklublede het die naweek meegeding in die Springfontein-vlugte met Maree-hokke se duiwe wat skoonskip gemaak het in die Ope, Jaaroud en Spes-vlugte.
Die Jaaroud-vlug uitslae het so gelyk:
Maree-hokke: 1ste, 2de, 4de, 5de, 12de, 15de, 17de, 21ste, 27ste, 29ste
Sys van Rooyen-hokke 3de, 14de, 19de, 22ste, 23ste, 30ste
MJ Lofts: 6de, 7de, 8ste, 9de, 10de, 24ste, 26ste
Nollie Meintjies: 11de, 13de, 16de, 18de, 20ste, 25ste, 28ste
Die Opevlug uitslae was as volg: Maree-hokke: 1ste, 2de, 3de, 6de, 10de, 12de, 15de, 16de, 17de, 18de, 20ste, 28ste
Nollie Meintjies: 4de, 11de, 27ste
Sys van Rooyen-hokke: 5de, 8ste, 14de, 19de, 24ste, 25ste, 26ste
MJ Lofts: 7de, 9de, 13de, 21ste, 22ste, 23ste
UJDUR-hokke: 29ste, 30ste
In die Springfontein 1 Spes-vlug het Maree-hokke gespog met die vyfde, sesde, 13de en 14de plekke.
Sys van Rooyen-hokke se duiwe was tweede, vierde, negende, tiende en elfde.
Nollie Meintjies se duiwe het die derde, sewende, agtste, twaalfde en vyftiende plekke gevat.