Local newsNews

Vordering in stryd teen waterslaai, sê Rand Water

Dr. Lelie Hoy, omgewingsbestuurder by Rand Water sê hoewel die 'oorlog' nog nie verby is nie, omdat dit nie seker is wat met dié plante in die somer op die rivier gaan gebeur nie, het gereelde vergaderings en alle partye wat saamgewerk het, bygedra tot die huidige sukses. "Ons is in 'n beter posisie, en het meer beheer oor die indringerplantspesies," het dr Hoy gesê.

Dit is die werk en bydrae van lede van die gemeenskap wat hoofsaaklik verantwoordelik was vir die merkbare afname van indringerplantspesies soos waterslaai (Pistia stratiotes) en waterhiasinte (Pontederia crassipes) op die Vaalrivier sedert April vanjaar. So sê Rand Water se woordvoerder, Justice Mohale. In ‘n verklaring wat vandeesweek deur Rand Water uitgereik is, word gesê dat die gemeenskap en organisasies hul eie hulpbronne en geld gebruik het in die groot poging om die verspreiding van die waterslaai en waterhiasinte op die rivier te keer.

“Mense het sowat R10 miljoen binne ses maande aan die Vaal Barrage Reservoir spandeer,” het Mohale genoem. Dié indringerplante wat teen ‘n verbysterende spoed op die Vaalrivier versprei het, het nou verminder van 395ha na 100ha, sê Mohale.

Rand Water is deur die Departement van Water en Sanitasie aangestel as amptelike implementeringagent vir drie jaar om die uitheemse indringerplantspesies in die Vaal Barrage Reservoir te beheer en uit te roei.

Dit is egter nie net indringerplantspesies waarna gekyk word nie.

Daar word ook saam met die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing gekyk na watergehalte en besoedeling van die waterbron, sê Rand Water in die verklaring.

Mbuyiswa Makhubela, hoof van korporatiewe kommunikasie by Rand Water, het Omnia bedank vir die geldelike skenking vir die verwydering van meer as 7km van die indringerplantspesies uit die Taaibosspruit. Die hoop is dat daar danksy dié bydrae en met die gemeenskap se selfgefinansierde volgehoue pogings teen einde Julie vanjaar min of selfs geen van die wateronkruid in die Vaal Reservoir sal wees nie.

Dr. Lelie Hoy, omgewingsbestuurder by Rand Water sê hoewel die ‘oorlog’ nog nie verby is nie, omdat dit nie seker is wat met dié plante in die somer op die rivier gaan gebeur nie, het gereelde vergaderings en alle partye wat saamgewerk het, bygedra tot die huidige sukses.
“Ons is in ‘n beter posisie, en het meer beheer oor die indringerplantspesies,” het dr Hoy gesê.

Ook dr. Anet Muir, die Departement Water en Sanitasie se direkteur van watergebruik het melding gemaak van die positiewe en betekenisvolle bydrae wat die Vaal Barrage Reservoir-gemeenskap gelewer het tot samewerking met alle partye.

“Ek sien uit daarna om die positiewe werksverhouding voort te sit met die regering wat toepaslik aanspreeklikheid aanvaar deur aansienlike hulpbronne te bied en volgehoue beheer oor die uitheemse indringerspesies moontlik te maak, en watergehalte te verbeter,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button