News

Skade groot aan pad nadat diesel tenkwa aan die brand slaan

Motoriste wat die roete moes ry is Donderdag aangeraai om waar moontlik alternatiewe roetes te volg toe die pad vir ure lank gesluit was vir opruimingswerk op die toneel.

Skade aan die teervlak op die R59 tussen Parys en Vredefort is groot nadat ‘n diesel tenkwa net voor 06:00 Donderdagoggend aan die brand geslaan het. Die pad was teen 18:00 Donderdagaand weer oop vir verkeer.
Dringende aandag sal egter gegee moet word om die pad te herstel na die skade.

 Die Parys en Vredefort SAPD asook die Ngwathe Brandweerdiens was vinnig op die toneel om bystand te verleen en het boere van die distrik die situasie gemonitor om seker te maak dat die veld naby die wrak nie ook brand nie.

‘n Eskom-paal het ook gebrand maar is die brand by die paal vinnig geblus, en het Eskom die lyn afgeskakel vir veiligheid.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/parys-gazette/news/news-news/2024/07/18/pad-gesluit-vir-verkeer-na-dieseltenkwa-aan-die-brand-slaan/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button