Local newsNews

Nooddienspersoneel geloof vir hul bystand op toneel waar kunstenaar sterf

Ons diepe medelye met die familie. 

Die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, het  nooddienspersoneel, die polisie se forensiese personeel en gesondheidswerkers geloof vir die professionele manier waarop hulle bystand verleen het op die tragiese ongelukstoneel waarin  die musiekkunstenaar Bokang Moleli, beter bekend as Moleme Vector en nog twee ander persone gister op die  N1 naby Koppies gesterf het.

Aldrie oorledenes was insittendes van ‘n Datsun motor wat net voor 13:00 in die botsing met ‘n vragmotor betrokke was. Daar was vyf mense in die motor van wie twee, ‘n man en ‘n vrou, met ernstige en kritieke beserings na die Boitumelo Streekshospitaal gehaas is

LUR Mahlatsi sê die vrou wat in die ongeluk beseer is, is gestabiliseer en reeds van die Boitumelo hospitaal na ‘n private hospitaal in Welkom oorgeplaas.

Die man wat kritiek in die botsing beseer is, is na die spesialis trauma-eenheid van die Pelonomi Tersiêre hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas.

Moleme Vector. Foto: Facebook.

Die nuus van Vector se dood is ook op sy Facebook-blad bevestig en is talle boodskappe van medelye by die inskrywing geplaas.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button