Local newsNews

506 Brode vir hulle wat dit broodnodig het

As jy nog wil bydra tot die projek kan jy brood afgee by die VVA-kantoor in Buitenstraat, Parys. Broodbydraes wat opgelaai moet word, kan met Sanette by 079 324 0603, of met Charisma by 082 680 8929 gereël word.

Of dit ‘n brood of ‘n broodrolletjie is – met ‘n brood kan jy ver kom, veral as daar baie honger magies is om vol te maak. Hoe bitter moet dit nie wees om sonder kos in hierdie koue te wees nie, of om ‘n kind honger skool toe te stuur nie.

Die afgelope week was die gemeenskap van Parys se harte weer oop vir die nood van ander en is oorweldigende steun vir Vrystaat Versorging in Aksie se jaarlikse Broodjiedag gekry. Nie minder nie as 506 brode is reeds teen Maandagoggend ontvang. Die brode help vir die organisasie se daaglikse sopkombuis en die gesinspakkies wat vir gesinne in nood gepak word. So ook die kosblikkies wat daagliks vir kinders gepak word wat andersins nie ‘n broodjie vir pouse sou hê nie.

Charisma Boonzaier, koördineerder by Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) met van die brode wat vir Broodjiedag ontvang is.

Dankie aan elkeen wat bygedra het om hulp te verleen vir hulle wat dit so broodnodig het.

Leerders en ouers van Parys Christelike Skool het die meeste brode tot die projek bygedra met ‘n totaal van 110 brode wat geskenk is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button