Boere veg teen vlamme by skool
Die bestuur, personeel en leerders van die Weiveld Landbou- en Hotelskool het hul dank betuig teenoor die boeregemeenskap wat gehelp het om die brand te blus.

Boere van die Weiveld-distrik het Donderdag onmiddellik gereageer om hulp te verleen by die Weiveld Landbou- en Hotelskool toe ‘n brand rondom 12:00 die middag ontstaan het, en gekeer kon word dat die skool se sportveld, voedingskema en varkhokke nie in die brand verwoes is nie .
Die skool en sy personeel sê dankie vir die vinnige optrede van hierdie boere, en die bystand wat deur hulle aan die skool verleen is.

Boere het reeds twee weke voor die brand pro-aktief opgetree met brandbane wat gemaak is, juis omdat daar in die brandseisoen heelwat veldbrande gesien word.
Sedert die begin van die brandseidoen op 1 Junie is reeds 31 brande net op plase in die Parys en Sasolburg distrikte by die Vaal Eden Brandvereniging gerapporteer. ‘n Totaal van 1 371 hektaar is in die brande verwoes wat 48 plaasgedeeltes geaffekteer het, en byna R2m se skade en koste veroorsaak het weens die brande.