Matriekrok-kompetisie: Skryf in en wen fantastiese pryse
Onthou inskrywings sluit 20 Oktober

Ons matrieks het geskitter by vanjaar se matriekafskeid en nou is die kans vir matriekmeisies van Parys,Vredefort en Viljoenskroon om fantastiese pryse te wen met ons matriekrok-kompetisie.
Inskrywings is reeds oop en kan jy onder meer ‘n professionele “photoshoot’ wen.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Oktober.
Inskrywings is gratis.
Al wat jy moet doen is om die digitale inskrywingsvorm te voltooi waar jy jou naam en van, telefoonnommer, e-pos adres en skool se naam invul, en dan jou matriekrokfoto aanheg. https://www.citizen.co.za/parys-gazette/matric-dress-competition/ of skandeer die QR-kode met jou selfoon wat jou direk na die inskrywingsvorm sal neem.




