Local newsNews

Pa sterf na verwoestende veldbrand

Ons innige medelye met sy gesin en familie.

Die 78-jarige Johan Bezuidenhout wat op 8 Augustus ernstig beseer is tydens ‘n verwoestende veldbrand in die Lindequesdrift-omgewing, is op 2 Oktober oorlede.

Johan was van Port Elizabeth en het by sy suster-hulle op die plaas Klokfontein gekuier toe die brand daardie middag rondom 12:00 in die omgewing van die Lindequesdrift-kruising langs die R500 ontstaan het. Ongeveer 40 bakkies en sowat 100 mense het verwoed teen die vlamme baklei wat eers die aand onder beheer gebring kon word.

Johan en die werker wat saam met hom in die bakkie was, is deur die vlammemuur omring. Die werker het gesterf, terwyl Johan ernstige brandwonde oor 40% van sy lyf opgedoen het. Johan het sedert die brand intensiewe mediese sorg ontvang.

Die bakkie waarin Johan en die plaaswerker was toe hulle deur die vlamme oorval is.

‘n Gedenkdiens vir Johan word Donderdag 10 Oktober op die plaas Klokfontein gehou.

Ons innige medelye met sy gesin en familie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button