‘n Skitterende oorwinning vir Luan Munnik in die Elite Mans-item
Carina Viljoen is vanjaar se wenner vandie Elite Dames.
Thabo Molete oudergewoonte agter die mikrofoon as aankondiger.
Nollie Meintjies was weer as afsitter op sy pos.
Die Working on Fire Parys-span
Atlete van Schonkenville Intermediêre skool wat deelgeneem het.
‘n Goed georganiseerde straatmyl het vroeg vanoggend honderde deelnemers na Parys se hoofstraat gelok vir die jaarlikse Parys Crater Street Mile. Uiteindelik was dit Carina Viljoen en Luan Munnik wat weggestap het as die Elite Dames en Elite Mans wenners onderskeidelik na wat beskryf is as die Créme de la Créme van wedlope met van die land se voorste name in atletiekkringe wat die straatmyl teen ‘n verbysterende spoed gehardloop het.
Uit Hennenman was die laer- en hoërskool en Goudveld Multisport verteenwoordig. Besighede het spanne ingeskryf. Vriende en families het saamgestap. Maande se beplanning wat ingesit is, om ‘n straatmyl te kon aanbied wat net van krag tot krag gaan.
Vanjaar was die derde straatmyl wat deur Parys Rotary en Parys Info & Tourism aangebied is, en selfs rugbylegende, Frik du Preez was in die dorp om dié aksie te aanskou. Lees die volledig berig in eersvolgende uitgawe van Parys Gazette.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.