Local newsNews
Nog geen spoor van vermiste 5-jarige dogtertjie
Die polisie het 'n dringende beroep op die gemeenskap gedoen vir enige inligting wat kan help om Ruth op te spoor.
Daar word steeds gesoek na die 5-jarige Ruth Sithole wat Saterdag deur haar ma as vermis aangemeld is by die Tumahole-polisiestasie
Klein Ruth is Vrydagmiddag om ongeveer 14:00 die laaste keer gesien in die omgewing van Letshabastraat in Tumahole. Sy het toe ‘n swart rokkie met groen blommotief gedra.
Enigeen wat moontlik vir klein Ruth gesien het of wat enige inligting het wat die polisie kan help in hul soektog na haar, is gevra om speur-sers Noliyiswa Masondo van die polisie se eenheid vir Gesingsgeweld, Kinderbeskering en SeksueleOortredings in Tumahole se skakel by 082 049 5208 . Jy kan ook die Stop Misdaadnommer skakel by 08600 10111, of ‘n anonieme wenk laat op die MySAPS toepassing.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.