Local newsNews
Verbruikers gewaarsku om weg te bly van beskadigde elektriese infrastruktuur
Swaar reën en donderstroms het groot dele van die Vrystaat Sondag getref en wydverspreide kragonderbrekings en skade aan Eskom infrastruktuur veroorsaak.
Eskom het vanoggend verbruikers gewaarsku om na die stormweer wat die Vrystaat getref het, weg te bly van beskadigde elektriese infrastruktuur.
Swaar reën en donderstroms het groot dele van die Vrystaat Sondag getref en wydverspreide kragonderbrekings en skade aan Eskom infrastruktuur veroorsaak.
Eskom sê sy tegnici is besig om op ‘n dringende basis aandag te gee aan kragprobleme, maar dat die aard van die skade die herstel van kragtoevoer mag vertraag.
Verbruikers is ook weer herinner om kragfoute of beskadigde infrastruktuur te rapporteer by:
- MyEskom verbruikerstoepassing
- Alfred the Chatbot,
- USSD platform (*120*37566#)
- Eskom inbelsentrum (08600 ESKOM / 37566).
Hou ook die volgende veiligheidswenke in gedagte:
- Prop waar moontlik elektriese toerusting uit voor swaar weer en vermy kontak met elektriese toerusting en koorde tydens ‘n storm.
- Bly weg van water wanneer daar weerlig is.
- Moenie met nat hande met elektriese toebehore werk of aan elektriese drade of skakelaars vat as jou hande nat is, of jy in water staan nie.
- Wanneer elektriese toestelle in kontak was met water, kry professionele hulp om die toestel eers na te gaan voordat jy dit weer gebruik.
- Bly weg van bome wat sou val of takke wat deur die wind afgeskeur is en naby kraglyne lê. Moet dit nie probeer verwyder voordat die kraglyn nie geïsoleer is nie.
- Moenie in ‘n gebou inbeweeg wat deur water oorstroom is en waar daar ‘n moontlikheid is dat elektriese proppe, koorde of elektriese skakelaars nat geword het. Maak eers seker dit is veilig.
- Hou elektriese gereedskap en toerusting minstens twee meter weg van nat oppervlaktes.
- Moenie gras sny as dit reën of die grond nat is nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.