News

Black Friday: Loop katvoet om nie swendelaars se kerskouse vol te maak nie

As iets te goed is om waar te wees, is dit presies wat dit is - té goed om waar te wees.

Baie verbruikers tel die dae vir ongelooflike Black Friday” winskopies, maar die aanklige realiteit is dat miljoene ook elke jaar by mense gesteel word met aanlyn slenters, juis in dié tyd waar vals aanbiedinge of webtuistes mense netjies in die swendelgat laat trap.

Waarvoor moet jy uitkyk as jy aanlyn aanbiedinge oorweeg?

Gerhard van Zyl van Cite Q Computers sê die belangrikste van alles is om nooit sommer net op ‘n skakel vir ‘n aanlyn aanbod te klik wat jy per SMS, WhatsApp, Facebook, of selfs  per e-pos , of op enige ander platform sou ontvang nie. Van Zyl raai mense aan om eerder direk na die adverteerder se blad te gaan en te bevestig dat hulle wel die promosie het.

Maak seker dat die webbladadres wat die promosie aanbied, die amptelike webblad is van die onderneming wat die produk bemark.
As voorbeeld noem Van Zyl dat GAME se webadres  www.game.co.za  is. As jy dus op ‘n aanlyn platform na shop.game.co.za of sommer enige ander snaakse adres gestuur word moet jy twee keer dink. Gaan maak eers seker die onderneming wat ‘n produk adverteer bestaan werklik en dat die webadres wat gegee word, eg is.

Toets die webtuiste om te kyk wat die betroubaarheidindeks van die blad is – https://www.scamadviser.com/ is ‘n goeie plek om te begin.

Goeie insig word ook gegee op https://www.urlvoid.com/

Indien ‘n webtuiste nie 90+ uit 100 is nie, vermy dit eerder of doen moeite en soek verdere inligting om te verseker jy is veilig.

Enige aanlyn winkel se webadres MOET met https: begin.

Vind uit hoe lank die onderneming al besigheid doen?

Maak seker watter betaalmetodes hulle gebruik? Hou in gedagte dat aanlynskurke ook bekende handelsname en instansies  gebruik om mense te mislei met webtuistes wat gekloon, of selfs geskep word.  As die adverteerder net elektroniese oorplasings aanvaar wat direk in ‘n rekening inbetaal moet word wat jy nie mee vertroud is nie, kan dit ‘n groot rooi lig wees, sê Van Zyl.

Gaan maak seker of die adres en telefoonnommer op die webtuiste, Facebook en Google Search dieselfde is.

Kyk na terugvoer op Google Reviews, Facebook, Hello Peter en ander kommentaar van vorige gebruikers.

Dit is belangrik om die prys van wat geadverteer word met ander spesiale aanbiedinge te vergelyk, is Van Zyl se raad.
“As dit te goed is om waar te wees, dan is dit heel moontlik té goed om waar te wees.

Moet nooit jou bankkaart of rekeningnommer, wagwoord, PIN, OTP of CCV besonderhede van jou kaart stoor op derde party webtuistes nie.
Al is dit erkende platforms soos Payfast, Peach of OZOW.

Maak seker dat jy elke transaksie op jou foon moet bevestig deur ‘n OTP of in die toepassing van die betrokke bank. As jy nie met ‘n transaksie besig is en ‘n aftrekking
verwag nie, moet dit nie aanvaar nie.

Indien die “bank” jou bel en sê daar is ‘n verdagte transaksie en jy moet dadelik die volgende doen anders gaan jou geld gesteel word – sit die foon dadelik neer en
bel die bedrogafdeling van jou bank direk. Moet nie enige nommers bel wat die persoon wat jou sou skakel aan jou verskaf nie.

Moenie telefoniese opdragte uitvoer om geld oor te plaas of sekerheidskodes te verskaf nie.  Jou bank sal nie dat jy enige rekeninge oopmaak en geld oorplaas om dit te
beskerm nie. Hulle kan die transaksies direk blok.

Maak seker jy het ‘n goeie virus en internet sekuriteitsprogram / toepassing op jou foon en rekenaar.

As jy enigsins onder druk geplaas word met ‘n aanlyn transaksie om onmiddellik geld oor te plaas anders verloor jy die winskopie – haal diep asem en dink mooi  – oorhaastigheid het al baie mense in die slaggat van aanlyn slenters laat trap. Lees, dink, en dink weer voordat jy vir die slenters val.  Geen betroubare persoon gaan jou probeer manipuleer of dreig of vrees aanwakker om jou kwansuis te help nie.

As jou sesde sintuig of ander jou waarsku, los dit eerder en speel veilig.

Indien jy twyfel skakel iemand wat jy vertrou met kennis en bevestig die egtheid daarvan.

Skakel die maatskappy deur hulle nommer self op te soek of gaan direk na hul webtuiste.

Jy kan ook voorbeelde van aanlyn slenters wat al gebruik is sien by https://citeq.co.za/articles/#scams om meer te leer oor waarvoor jy moet
uitkyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button