Local newsNews

Nuwe baadjie vir Amazing Grace kapel

By die Amazing Grace kapel is daar n muur van herinnering met naamplaatjies van oudsoldate vir wie die laaste trompet geskal weerklink het.

Lede van die Vaal Kultuurnetwerk, die Shellhole Moths en @Paint het gedurende Oktober danksy ‘n skenking van @Paint die Amazing Grace kapel in Kliprivier/Meyerton n nuwe blaadjie aangetrek.

Die viering van Wapenstilstanddag word jaarliks deur Roxy du Toit  by hierdie besonderse kapel gereël wat sy vir haar dogter laat bou het. Soos die Eerste Wêreldoorlog beeïndig is op 11 November om 11:00, so is dié verfwerk ook afgehandel en is die projek n hartsprojek vir ‘n oorlog waarin baie Suid-Afrikaners gedwing was en hul staal moes wys om te oorleef.

Na die Anglo-Boere oorlog het baie jong sterk Afrikaner seuns die stories gehoor van die veterane van die oorlog, die kameraadskap en lewenslange vriendskapsbande, sowel as die soldy van die Britse regering wat ‘n groot aantrekkingskrag was om by die Unie magte aan te sluit en te gaan veg in die Eerste Wêreldoorlog.

By die Amazing Grace kapel is daar n muur van herinnering met naamplaatjies van oudsoldate vir wie die laaste trompet geskal weerklink het, en dit maak hierdie kapel n merkwaardige en eintlik heilige stukkie aarde. Want ons onthou.

Dankie aan @Paint en Transsmart vir die ruim skenkings van verf en versnaperinge om hierdie dag se herdenking moontlik te kon maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button