Local newsNews

Vier vas oor onwettige vuurwapen en ammunisie

Die verdagtes het ook 'n weermaguniform in hul besit gehad.

Vier verdagtes tussen die ouderdom van 32 en 52 is in Vredefort in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie

Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani sê die Fezile Dabi Distrik Trio taakspan, K9 van Kroonstad en die Heilbronse veediefstaleenheid het inligting ontvang van ‘n wit Toyota Quantum wat vermoedelik betrokke is by renosterstroping by Vrystaatse plase

Die voertuig is op die R721 naby Vredefort opgemerk met vier verdagtes in die voertuig. Die ongelisensieerde vuurwapen en ses rondtes lewendige ammunisie asook twee messe, ‘n knaldemper, polisie gordel en weermaguniform is in die mans se besit gekry.

Die vier sal môre vor die hof in die Vredefort verskyn op klagte van die besig van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, het sers Rani gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button