Wie doen so iets?
Die hangbrug oor die Vaalrivier is al vir jare een van Parys se grootste toerisme aantreklikhede.

Graffiti vandale kon sowaar weer nie hul hande af hou van Parys se geskiedkundige 1919 hangbrug oor die Vaalrivier nie. Die brug is al vir jare een van Parys se grootste toerisme aantreklikhede.
Die graffiti is vanoggend toegeverf.
Dankie aan Jerome en Judy van Jack’s Paint asook Simba wat gehelp het om die vandale se handewerk toe te verf.


Met die Desember-vakansie wat voorlê en heelwat toeriste wat na verwagting weer ‘n draai by die hangbrug sal maak, word ‘n beroep op inwoners en besoekers aan die dorp gedoen om hierdie juweel van die dorp te waardeer en te respekteer.

Vrywillige hande help weekliks om hier in die omgewing van die hangbrug skoon te maak en netjies te hou. Werk wat sonder vergoeding gedoen word.
Dit is ook hierdie vrywillige hande wat gehelp het om die brug se loopvlak en draadkante te kon herstel en hier te verfraai.



