Local newsNews

Nuwe toerusting dra by tot lisensiekantoor-probleme

Knaende kragprobleme kniehalter ook dienslewering.

Nuwe toerusting wat by lisensiekantore geïnstalleer word ondermeer vir oogtoetse, het die afgelope twee weke probleme by lisensiekantore landwyd veroorsaak met stelsels wat
Vrydag en Maandag ook in Parys af was as gevolg hiervan.

Hierbenewens was dienslewering by die lisensiekantoor in Parys ook oor Desember geraak weens knaende kragprobleme in die dorp.

Nthabiseng Matsoake, adjunk-direkteur vir Vervoer, Administrasie en Lisensiëring in die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer, het Maandag aan Gazette gesê
dat kragtoevoer intussen herstel is, en dat dienste soos voorheen by die lisensiekantoor gelewer word wanneer stelsels aanlyn is.

Bestuurslisensie toetse vir nuwe lisensies kan egter steeds nie by die Parys, Sasolburg, Heilbron en Koppies toetsstasies gedoen word nie, grotendeels weens probleme met die
toetsbane, is gesê. In die Noord-Vrystaat sal daar dus na die Kroonstad, Viljoenskroon of Vredefort lisensiekantore gery moet word vir bestuurslisensie toetse.

Viljoenskroon en Vredefort se lisensiekantore doen net Kode 8 bestuurstoetse, terwyl Kroonstad alle lisensiekode toetse kan doen. Bestuurstoetse by die
Vredefort-kantoor word net op Maandae gedoen.

Motorfietslisensie toetse kan nie by enige van hierdie kantore gedoen word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button