Local newsNews

Swaar reën laat Eskom-voertuie vasval

Kragreus sê dankie vir verbruikers se hulp en ondersteuning vir tegniese spanne.

Eskom het vanmiddag sy dank uitgespreek teenoor verbruikers in die Oos-Vrystaat wat die kragreus se tegniese spanne gehelp het om vragmotors en ander voertuie wat in die modder vasgeval het na swaar reên, te kon uittrek.  Die reën het kragvoorsiening na Petrus Steyn, Mamafubedu en Damplaas in die Oos-Vrystaat  Saterdag in die vroeë oggendure geraak, het Eskom-woordvoerder, Stefanie Jansen van Rensburg bevestig.

Terwyl van die kragfoute op die Reitz-Petrus Steyn 33kV toevoerlyn herstel kon word, is tegniese spanne steeds besig met fout opsporing en om kraglyne na te gaan. Die nat en modderige terrein belemmer egter tegniese personeel se toegang tot van die lyne, en het ook veroorsaak dat van die voertuie vasgesit het in die modder.

Lucas Mazibuko, Eskom se senior operasionele en instandhoudingsbestuurder in die Vrystaat, sê die kragvoorsiener is dankbaar vir verbruikers wat gereageer het om te help, en het die versekering gegee dat kragtoevoer so gou moontlik herstel sal word vir diegene wat deur die kragonderbrekings in hierdie gebiedegeraak is.

Verbruikers kan foutrapportering en beskadiging van infrastruktuur rapporteer op Eskom se verbruikersdiens kanale wat ook die MyEskom-toepassing, Alfred the Chatbod en die Eskom-inbelsentrum (08600 Eskom/37566) insluit.

Verbruikers word ook gewaarsku om weg te bly van beskadigde kragvoorsienings infrastruktuur wat ‘n veiligheidsrisiko inhou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button