Local newsNews
Party wil probleem met prosteses onder Menseregtekommissie se aandag bring
Die DA sê hy het ook vrae aan die LUR vir Gesondheid, mnr. Mahlatsi,, oor die kwessie gerig,

Die DA sê hy is besig om ‘n verslag saam te stel vir die Mensregtekommissie oor die gebrek aan noodsaaklike mediese toerusting vir dringende operasies in hospitale in die Vrystaat.
Die party sê hy is veral besorg oor pasiënte wat heupvervangings moet kry, wie se opoerasies uitgestel of gekanselleer moes word weens die nie-beskikbaarheid van prosteses.
In ‘n verklaring is gesê dat sommige pasiënte vir maande wag terwyl hulle erge pyn verduur, terwyl die departement sloer om die kwessie op te los.
Die DA het ook vrae oor die kwessie aan die LUR vir Gesondheid, mnr. Mahlatsi, gerig, in ‘n poging om antwoorde te kry.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



