Local newsNews

Uitvloei by Vaaldam verhoog

Die kleppe by Vaaldam sal gebruik word om uitvloei te verhoog.

Ses kleppe by Vaaldam sal om 12:00 vanmiddag oopgemaak word om gelydelik die uitvloei by die dam te verhoog na net meer as 200 kubieke meter per sekonde. Daar is steeds een sluis oop by Vaaldam.

Vaaldam staan nou op 107,43% met invloei gemeet teen 216,45 kubieke meter per sekonde.

Uitvloei by Bloemhofdam word ook gelydelik verhoog en sal uitvloei vanaf 10:00 vanoggend 400 kubieke meter per sekonde wees.

Bloemhofdam is nou 99,97 % vol.

Uitvloei by Barrage word gemeet teen 177,136 kubieke meter per sekonde.

Vaaldam – die verskil tussen kleppe en sluishekke:

Daar is dikwels by die publiek verwarring oor kleppe en sluise by Vaaldam. Agt kleppe is aan die onderkant van die dam en is altyd oop om ‘n natuurlike vloei te verseker.  Daar word altyd water by die Vaaldam uitgelaat soos nodig vir gebruikers stroomaf en ter wille van ekologiese vloei. Die kleppe kan ook gebruik word om uitvloei by die dam te verhoog.  Sluishekke daarenteen is aan die bokant van die damwal en word oopgemaak soos nodig om beduidend meer water uit te laat slegs en wanneer nodig om hoë vloei deur die sisteem toe te laat. Die sluishekke sal of oop, of toe wees.

Let wel dat daar nie tans sluise by Vaaldam oop is nie.

Vaal Barrage het ook sluishekke en kan beheer word in terme van hoe groot dit oopgemaak word. Sodoende is daar beheer oor hoeveel water by Barrage uitgelaat word.

(Dank aan Marc de Fontaine, Reënval in SA Facebook-groep vir dié inligting).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button