Local newsNews

Vaal- en Wilgerivier besoedeling: Keerpunt vir munisipale aanspreeklikheid en omgewingsgeregtigheid

"Mafube-inwoners het lank genoeg gewag vir geregtigheid. Hierdie uitspraak is 'n wetlike en morele triomf, wat demonstreer dat veerkragtige gemeenskappe regerings aanspreeklik kan hou vir hul mislukkings."

Die uitspraak van die Bloemfonteinse hooggeregshof, wat die Vrystaatse provinsiale regering en die Mafube Plaaslike Munisipaliteit verplig om op te hou om die Wilge- en Vaalrivier te besoedel, is beskryf as ‘n deurslaggewende mylpaal in die stryd vir munisipale aanspreeklikheid en omgewingsgeregheid, asook die beskerming van waterbronne.

Die uitspraak het bindende implikasies en beveel plaaslike en provinsiale regerings om rioolinfrastruktuur te herstel en die besoedeling stop te sit, het die DA vandag in ‘n verklaring oor die uitspraak gesê,

Die uitspraak volg ná jare van veldtogte, litigasie en burgerlike mobilisering met bewerings van die DA, Mafube Besigheidsforum (MBF), Frankfort AfriForum en inwoners dat Mafube sy grondwetlike verpligtinge versuim, wat ernstige gesondheidsrisiko’s en omgewingskade veroorsaak het.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het Mafube voorheen verkla omdat die Grondwet, die Nasionale Waterwet en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur oortree is  weens rioolstortings en verswakkende infrastruktuur. Met geen lewensvatbare plan om dit aan te spreek nie, het die munisipaliteit se tekortkominge ongekontroleerd voortgeduur, sê Dr Igor Scheurkogel, die Mafube Munisipaliteit se kiefafdeling hoof.

Scheurkogel sê inwoners, die burgerlike samelewing, die DA  en fluitjieblasers het onverpoosd gewerk om Mafube se sistemiese mislukkings in die openbare oog te bring, en voeg hy by dat die MBF en AfriForum toegejuig moet word vir hul meedoënlose pogings om ’n ingryping kragtens Artikel 139(5) van die Grondwet af te dwing, insluitend die neem van regstappe.

“Die uitspraak beteken dat die gesondheidsrisiko’s en omgewingskade wat deur Mafube se optrede veroorsaak word, aansienlik verminder sal word. Om geregtigheid vir Mafube-inwoners te verseker, moet sleutelaksies nou geneem word.”

Dit sluit in:

  • Onmiddellike nakoming van hofvoorskrifte en volledige implementering van SAMRK-aanbevelings.
  • Dringende rehabilitasie van afvalwaterstelsels, veral in Frankfort, wat aan aangrensende dorpe voorsien.
  • Deursigtige openbaarmaking van begrotings, tydlyne en implementeringsplanne.
  • Aktiewe openbare deelname aan oorsig wat groepe soos MBF, AfriForum en die plaaslike burgerlike samelewing betrek.
  • Volle aanspreeklikheid van amptenare om omsigtige finansiële bestuur ingevolge die Artikel 139-ingryping te verseker.

Die adjunkminister van water en sanitasie se waarskuwing dat amptenare wat waterweë vergiftig ‘boetes of tronkstraf’ moet kry, moet gevolg word deur konkrete optrede, voeg Scheurkogel by.

“Mafube-inwoners het lank genoeg gewag vir geregtigheid. Hierdie uitspraak is ‘n wetlike en morele triomf, wat demonstreer dat veerkragtige gemeenskappe regerings aanspreeklik kan hou vir hul mislukkings.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button