News

Kruistog: Volgende naweek maak ons dorp skoon

Selfs al woon jy nie in Vredefort nie, kom beleef volgende Saterdag wat hierdie dorp so spesiaal maak.

Die groot dorp-skoonmaak-aksie in Vredefort gebeur volgende Saterdag (12 April) wanneer dié dorp se mense moue oprol om alles skoon en mooi te maak vir Die Kruistog wat op Goeie Vrydag 18 April in dié Vrystaatse dorp gehou word.

Aanvanklik is beplan om die naweek skoon te maak, maar is dit uitgestel na volgende naweek weens die reën.

Wees volgende Saterdag om 08:00 by die kerksaal van die NG Kerk. Na koffie en ‘n lekker worsbroodjie sal die strate ingevaar word om skoon te maak.

Vanaf 10:30 begin die kruisbou-aksie by die Dinamika-gemeente in Vredefort. Kom bou jou kruis vir die Kruistog. Daar gaan hout en skroewe wees. Elke hand is nodig om te help.

Die dag word afgesluit met ‘n bring-en-braai om 13:00.

‘n Lekker vol program, maar ‘n dag om as gemeenskap saam te werk.

Selfs al woon jy nie in Vredefort nie, kom beleef wat hierdie dorp so spesiaal maak.

Johann Bloem saam met ‘n klompie manne van die Hartshuis besig om skoon te maak en bome te snoei in die parkie

Wat is die Kruistog?

Met die Kruistog stap duisende mense jaarliks die 3km sirkelroete met kruise deur die strate van Vredefort tot by die dorp se sportgronde waar die Kruistog ook begin.Langs die roete is verskeie stasies wat verskillende uitbeeldings uit die lewe en bediening van Jesus voorstel.

Die Kruistog is ‘n gemeenskapsprojek, aangebied deur die gemeenskap en ter wille van die gemeenskap, om mense ‘n besondere Paasbelewenis te gee.

Deelname aan Die Kruistog is heeltemal gratis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button