Local newsNews

Onderwater hokkiespelers blink uit by Junior SA’s

Baie geluk aan hierdie spelers.

Vier talentvolle onderwaterhokkiespelers van Parys het groot sukses behaal by die Junior Nasionale Kampioenskappe wat op 21 en 22 Maart in Bloemfontein gehou is.

Ethan Groenewald het goud ingepalm in die o16 seuns-afdeling, terwyl Amarissa Stoltz ‘n silwermedalje gewen het in die o16 dogtersafdeling.

Ewan Stoltz en Wianko Fourie het vir die Noordwes o19-span gespeel en silwer gewen ná ‘n reeks spanningsvolle wedstryde teen die land se topspanne.

Ewan is boonop as Speler van die Toernooi aangewys, en het die meeste doele aangeteken – ‘n ongelooflike prestasie wat sy toewyding en vaardigheid in die sport beklemtoon.

Van links is Amarissa Stoltz, Ewan Stoltz, Ethan Groenewald en Wianko Fourie.
Ewan Stoltz wat as Speler van die Toernooi aangewys is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button