Local newsNews

Moer ‘n Boer se Richard in motorongeluk beseer

Hy sou vanoggend na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas word.

Die 33-jarige Richard Henry, een van die finaliste van Seisoen 2 van die realiteiteitsreeks Moer ‘n Boer, is  gisteraand in ‘n motorongeluk op die Weiveld-pad buite Parys beseer. Richard werk op die plaas Klippan in die Weiveld-distrik, en was op pad terug van die landerye toe hy op die grondpad beheer verloor het oor die bakkie waarmee hy gery het, en dit teen ‘n boom gebots het.

Richard is per ambulans na die Emfuleni MediClinic vervoer en sou vanoggend oorgeplaas word na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg. Volgens sy ma, Cathleen, is sy bekken gebreek en het hy ernstige beenfrakture.

Richard Henry.

Hy sou die naweek saam met van die ander deelnemers hul gevegsopponente by die Heartfelt-arena in Pretoria ontmoet het, het sy ma gesê, met die finale gevegte wat in September moet plaasvind.

Moer ‘n Boer word deur Versus MMA aangebied en bied aan boere die geleentheid om in die ring te tree om hul vegvaardighede en gees voor ‘n lewendige gehoor ten toon te stel.

Die twee werkers wat saam met Henry in die bakkie was is na verneem is, nie ernstig beseer nie, en sterk een van hulle aan in die Fezi Ngubentombi-hospitaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button