Ousus se verpleeghande nou stil
Ons opregte medelye met die familie in hierdie hartseer tyd.
Ousus Bester wat vir 40 jaar by Parys-hospitaal verpleeg het, en daarna ook vir tien jaar by Villa Riviera, is op 25 April in die ouderdom van 87 jaar oorlede.
Sy het grootgeword in die Vrystaat op die plaas Rooigrond naby Bloemhof.
Sy voltooi haar verpleegopleiding by die Kroonstad-hospitaal.
Haar hande was nooit stil nie, en het sy graag gelees, tuin gemaak en vrugte ingelê.
Die gedenkdiens word gehou op 2 Mei vanuit die NG Oos-gemeente.

Ousus sal met net die mooiste herinneringe onthou word vir haar onvoorwaardelike liefde vir haar familie, en haar bereidwilligheid om altyd mense te help.
Sy word oorleef deur haar twee seuns, kleinkinders, en haar agterkleinkinders.



