Joburg Ballet besoek Sasolburg met onvergeetlike danservaring
"Ons is opgewonde om Joburg Ballet se DreamScapes na Sasolburg te bring en vir nuwe gehore op te tree," sê Joburg Ballet se HUB, Elroy Fillis-Bell.
Na ‘n bekroonde seisoen van DreamScapes by die Roodepoort Teater, neem Joburg Ballet hierdie drieledige vertoning van die beste in ballet na die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.
“Ons is opgewonde om Joburg Ballet se DreamScapes na Sasolburg te bring en vir nuwe gehore op te tree,” sê Joburg Ballet se HUB, Elroy Fillis-Bell.
DreamScapes verweef die tydlose skoonheid van Les Sylphides, ‘n diepgewortelde spirituele narratief in Kitty Phetla se nuwe werk, The Underworld & Elsewhere, en die lewenskragtigheid en aangrypende krag van menslike veerkragtigheid in Dane Hurst se nuwe werk, Resonance.
Saam vorm hierdie werke ‘n ryk tapisserie van tradisie, identiteit en kreatiewe verkenning, wat gehore ‘n onvergeetlike danservaring bied wat die grense van realiteit oorskry.

Die uitstaaande balletvertoning by die Etienne Rousseau Teater kan gesien word op Saterdag 10 Mei en Sondag 11 Mei om 14:00.
Kaartjies kos R150 – R200. Bespreek by www.ertickets.com



