Golden Oldies sê Old Bears die stryd aan
Parys se rugby-ondersteuners word genooi om in groot getalle die Golden Oldies in Fochville te gaan ondersteun.
Parys se Golden Oldies pak Saterdag die Old Bears in die hoofwedstryd van die Golden Eagles Rugby Festival wat in Fochville beslis word. Die fees van goue oues op die rugbyveld is n eerste vir Fochville, met twaalf spanne wat die dag in aksie sal wees.
So lyk die program vir die dag:
12:30 – Hil Billies vs Golden Eagles
13:30 – TWR vs Alberton Barbarians
14:30 – Tendellas vs Bold Eagles
15:30 – Western Lions vs Barbarians
16:30 – Old Bears vs Parys
Parys se rugby-ondersteuners word genooi om in groot getalle die Golden Oldies by die Gert van Rensburg-stadion in Fochville te kom ondersteun. Die stadion is in Amarilla laan. Hekgeld kos R20 per persoon en R50 per motor.
n Verskeidenheid van kos- en boeremarkstalletjies asook ‘n kroeg sal beskikbaar wees. Daar is ook lootjiekaartjies met lekker pryse en n springkasteel vir die kinders.
Bring jou gesin en kom kuier saam.



