Local newsNews

Hoekom jou gewrigte voel asof hulle ook griep het

As jou gewrigte buitengewoon styf of seer voel tydens die koue- en griepseisoen, is dit die moeite werd om na jou liggaam te luister. Gewrigsongerief kan jou immuunstelsel se manier wees om aan te dui dat dit onder druk is, of net ’n herinnering om stadiger te beweeg en na jouself om te sien. 


Koors, seer keel en liggaamspyn is deel van die griepseisoen en bring sy eie ongemak. Maar as jy reeds met stywe gewrigte sukkel, kan hierdie tyd van die jaar nog meer straf voel. Saam met veranderinge in barometriese druk, kan virale infeksies soos verkoue of griep dikwels  inflammasie veroorsaak, wat bestaande gewrigspyn vererger en nuwe pyne laat ontstaan by andersins gesonde mense. Voeg koue weer by, en jou gewrigte kan voel asof hulle ook griep gekry het.

“Wanneer jy ’n virus beveg, gaan jou immuunstelsel in hoë paraatheid, wat inflammasie as ’n verdedigingsmeganisme veroorsaak,” verduidelik Selvan Naicker, Handelsmerkbestuurder vir OsteoEze®. Hy sê dat, hoewel hierdie reaksie jou liggaam help herstel, dit ook kan veroorsaak dat jou gewrigte geswel, styf of seer voel. Voeg die winter se gewone oorsake – kouer temperature en laer barometriese druk by, en jou gewrigte gaan ekstra sorg nodig hê om pyn en styfheid te hanteer.

In die winter kan gewrigspyn jou dag-tot-dag-lewe beïnvloed, selfs wanneer jy nie verkoue of griep het nie. Om jou pyn te probeer beheer en jou gewrigte gemaklik te hou, deel Naicker die volgende eenvoudige wenke:


• Maak seker jy bly warm. 
• As jy verkoue of griep het, is rus belangrik, maar totale onaktiwiteit kan jou gewrigstyfheid vererger. Doen ligte strekoefeninge of stap kort afstande binnenshuis (indien jy daartoe in staat is – moenie jouself forseer nie). Dit kan help om gewrigte aan die beweeg te hou sonder om die liggaam te ooreis. Die Arthritis Foundation beveel lae-impak-beweging aan om opvlammings te voorkom.
• ’n Sterk immuunstelsel is jou beste verdediging tydens die koue- en griepseisoen. Vitamien D, vitamien C, sink en magnesium help om inflammasie te reguleer en kan herstel ondersteun.
• Gebruik ’n gewrigsorg-aanvulling saam met jou vitamieninname tydens die winter en daarna om jou gewrigte gesond en buigsaam te hou Dit kan help om styfheid en swelling te verminder, beweeglikheid te verbeter en gesonde kraakbeen te bou.
• Koors, neusverstopping en medikasie kan die liggaam uitdroog. Dit kan gewrigskraakbeen beïnvloed, wat op water staatmaak om beskermend en buigsaam te bly. Warm drankies soos kruietee, suurlemoenwater of sop is uitstekende maniere om te hidreer terwyl dit ook koue-simptome verlig.
• Wanneer virale inflammasie opvlam, kan gewrigspynverligters of warm kompresse  verligting gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button