Local newsNews

Gretha Wiid: ‘Jy is genoeg’

Gretha Wiid se boodskap aan die vroue was om genadig te wees met mekaar en te weet dat iemand anders dalk nodig het om jou storie te hoor.

Foute bepaal nie jou karakter nie. Wees wie jy is, want jy is genoeg.

Met dié woorde het Gretha Wiid vroue se harte aangeraak met haar boodskap dat die wêreld jou nie definieer nie.

Die prag versierde saal by Stonehenge waar Gretha Wiid met vroue van Parys gesels het. Foto: Liezl Scheepeers
Die prag versierde saal by Stonehenge waar Gretha Wiid met vroue van Parys gesels het. Foto: Liezl Scheepeers

‘n Oggend wat die siel inspireer het met ‘n brandstofinspuiting vir elke vrouehart.
Die damesoggend waar Wiid as gasspreker opgetree het, is Saterdag by Stonehenge gehou, en aangebied deur Pretty & Pizaz.

Met kleurvolle dekor en aandag aan detail was dit ‘n oggend van bederf vir die 120 vroue wat die geleentheid bygewoon het.

Gretha Wiid gesels met vroue by Stonehenge, Payrs, Foto: Liezl Scheepers

Wiid het gesê dat die wêreld dikwels nie mense agter gordyne eer nie – die wie nie trofeewenners is nie. “Moet daarom nie toelaat dat die wêreld jou plat druk nie, want jy is genoeg omdat jy aanhou en nie opgee nie. Selfs in jou laagtepunte kan jy opstaan in oorwinning,” het sy gesê. Sy het ook vroue aangemoedig om stil te staan by hulself, en minder te kyk na wat die wêreld van/vir jou sê.

“Wees genadig met mekaar. Maak jou eie platforms beter sodat dit ook uitkring na ander. Vrees vir oordeel maak dat mense nie wil sê dat hul sukkel nie, maar ander het jou storie nodig,” was haar boodskap vir elke vrou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button