Local newsNews

Saam bid hou egpaar byna 7 dekades saam

Dié groot mylpaal in hul huwelik het hulle op 29 Maart by Koffie Oppi Stoep gevier.

Die 88-jarige Graham en Violet Viljoen beskryf hul saamwees van 68 jaar as ‘n groot seën. Vir hulle is die geheim van saam wees, saam bid.


Dié groot mylpaal in hul huwelik het hulle op 29 Maart by Koffie Oppi Stoep gevier. Violet vertel dat hulle vyf jaar gelede van Meyerton na Parys verhuis het nadat hulle oorspronklik van Port Elizabeth af gekom het. Dit is ook daar waar hulle destyds getroud is.


Graham was vir jare aan die spoordiens verbonde.


Op 88 bestuur Violet nog haar eie motor en behartig self die huishoudelike take, terwyl Graham lief is vir tuinmaak waar sy gesondheid hom dit toelaat.

Graham en Violet Viljoen.
Graham en Violet Viljoen.


Toe hul dogter Parys toe trek, het hulle ook na die dorp verhuis om nader aan haar te wees.
Die egpaar se kinders, kleinkinders en agterkleinkinders is hul vreugde, en is hulle ‘n hegte familie, vertel dié twee, wat die liefde al byna sewe dekades lank koester.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button